Die mense sê

FXit is geskik vir Sondagskool, kategese, kinderkerk, jeugdienste, tienerkleingroepe, skole en jeugkampe
FXit is meant for Sunday school, kids' church, youth services, small groups, schools and youth camps.

LESSE WAT LEEF

Lesse wat Leef is die prettigste van die vyf Sondagskool reekse wat ek resenseer. Kinders leer regtig speel-speel met aktiwiteite en illustrasies wat by die lesse pas. Die boodskappe is werklik eenvoudig om te verstaan en word op ‘n onthoubare manier aangebied. [Retha Faurie: gelowigenondersoekend.wordpress.com]

In die twee bundels Van Adam tot Moses en Van Josua tot Jona werk jy chronologies – dis baie belangrik. Dit help die kinders om iets van die groter prentjie te verstaan. Ek hou van die onthourympies en ek weet hoe baie die kleuters daaruit gaan leer! [Carine Steyn, Petra Instituut vir Kinderbediening]

Die lesse voorsien in ‘n groot behoefte. Elke les is kort genoeg om maklik voor te berei, maar bevat genoeg pitkos. Die apparaat is gereed vir gebruik. Dis funksioneel, netjies en kleurvol. Die Bybel self staan deurentyd sentraal. [Helena Kriel, Reitz]

Die kinders leer diep Bybelwaarhede terwyl dit vir hulle na speel voel. Die hulpmiddels is maklik hanteerbaar en die leidsters geniet dit om daarmee te werk. [Ds Otto van Heerden, namens SJK van die OVS]

LESSE WAT LEEF IN SKOLE

Die lesse is kreatief en oorspronklik, Bybels gefundeerd en die leerlinge word uitgedaag om Bybelse beginsels toe te pas. Dis oor en oor die moeite werd as 'n mens sien hoe die lig vir die leerlinge opgaan. [Wilma de Clerk, Laerskool Jan Celliers, Johannesburg]

Ek gebruik die lesmateriaal met groot vrug tydens my saalopeninge. Baie dankie vir hierdie begeesterde produkte. [Loraine Kotze, Otjiwarongo]

iKonekt

My Sondagskool het vandag vreeslik geniet. Duisend dankies. Ek kan nie wag om daardie twee pakkette (CDs) te ontvang nie, want ek was regtig aangenaam verras met die een pakket (iKonekt) wat ek reeds het. Dit laat my sommer uitsien na my aanbiedings.
[Vasti Smith, Pretoria-Noord]

Ek is bly oor die tekste wat in die programme gebruik word, want in ons huidige boek het ek 'n gevoel gekry dat daar te min toepassings uit die Bybel is. Die temas is perfek vir die ouderdom waar hulle nou is en die voorbeelde en stories wat gebruik word is goed waarmee hulle maklik kan relate. Dit hou hulle aandag en almal gesels lekker saam. [Jean Bosch, Pierre van Ryneveld (Pretoria)]

FXIT.CHAT

Vandat ek die leier by die tieners is, is FXit PowerPoint lesse die derde reeks wat ons hier aanbied en by verre dit wat die kinders se aandag die meeste boei en wat hulle die meeste geniet. Die humor aan die begin kry hulle dadelik geïnteresseerd. Dis asof die Bybel sommer vir hulle oopgaan in vandag se taal en hulle gesels lekker daaroor. Doen so voort. [Boy Becker, Reitz]

Die inleidings trek vir seker die aandag! Ek vind die animasie baie “cool”!:) Die taal is tienervriendelik. Die grafika is uitstekend gedoen. Die onderwerpe is iets waarmee hulle elke dag te doen kry en dit sal hulle vir seker stir! [Nico van der Walt, Bloemfontein]

Ek het die lesse tydens ’n kamp met tieners gebruik. Dit help hulle baie om by die Bybel uit te kom, die Skrifverwysings is baie gepas en ek dink die Bybelse beginsels het duidelik na vore gekom. Ek hou van die sinvolle visuele aanbieding. Die lesse spreek die leefwêreld van die tiener baie duidelik aan en die kinders het dit baie geniet. [Ds Rikus Hattingh, Bethlehem]

FXIT PAKKET AS GEHEEL

Dis vir seker Gees-geïnspireerd. Ons onnies het sommer weer woema gekry. Dit het ‘n wêreldse verskil in ons Sondagskool gemaak. [Amanda Steinhöbel, Harrismith]

Ek sien dit as ‘n groot aanwins vir ons gemeente – vir laerskoolkinders en tieners. Dit het struktuur aan ons bediening gegee. Dis gebruikersvriendelik – kind en aanbieder geniet dit. Wat vir my opgewonde maak, is dat die laerskoollesse ook deur hoërskoolkinders aangebied kan word. So word ‘n kind-tot-kind bediening gevestig. [Pastoor Jan Vos, Oos-Driefontein]

Dis gemaklik geskryf en maklik om aan te bied. Ek is so bly dis in Afrikaans – ons het lank na so iets gesoek. Ek hou van die duidelike prente – dis maklik om te dupliseer. [Christelle Botes, Waterval]