Wie is ons

Susan Fourie

Susan Fourie, die opsteller van die FXit reeks, het ook al verskeie boeke oor godsdiensopvoeding geskryf, wat deur Lux Verbi en CUM gepubliseer is.

Sy het twee diplomas in kinderbediening verwerf: een by Petra Instituut* vir Kinderbediening en een by UNISA. Sy kon dus effektiewe leertegnieke implementeer wat internasionaal as effektief bewys is.

In opdrag van die Vrystaatse Vrouediens skryf sy sedert 2000 lesmateriaal vir kinderbediening. Vanaf 2004 word, op versoek van jeugwerkers en geestelike leiers, ook tienerprogramme gepubliseer. Tans is iKonekt en FXit.chat baie gewild. Dit daag hulle uit om self die oplossings vir vandag se issues in die Woord te ontdek.

"As ek terugkyk oor die pad wat die Here my laat loop het, voel dit eintlik so 'onwerklik' – so groot. Maar Hy het my geskep met die doel om skeppend besig te wees. En waar Hy lei, is dit veilig om te volg. Ek eer Hom vir FXit!"

* www.petra.co.za