Afrikaanse Programme
FXit programme is geskik vir Sondagskool, kategese, kinderkerk, jeugdienste, tienerbediening, skole
en jeugkampe.
FXit programmes is meant for Sunday school, kids' church, teen ministry, youth services, schools and youth
camps.
Al die programme is ook in e-formaat beskikbaar.
Graad R tot 6: DIE BYBEL IN KLEUR
R150 per reeksPOWERPOINT-AANBIEDINGS van 10 lesse elk
Vier reekse van chronologies-verhalende Bybellesse uit die Ou Testament.
Elke reeks bevat tien PowerPoint-aanbiedings plus een handleiding.
Min aanbieders is nodig. (Een tot twee aanbieders vir die PowerPoint-aanbieding; betrek hoërskoolleerders as leiers by kleingroepaktiwiteite.) Eenvoudig om aan te bied, aanwysings is ingesluit.
Graad R tot 6: LESSE WAT LEEF
R150 elkNEGE BOEKE: Lesmateriaal volgens graadindeling
Elke handleiding vir die aanbieder bevat 20+ lesse, asook visuele hulpmiddels, uitdeelstukke of werkblaaie, plus wenke vir dinamiese kinderbediening.
R150 elkKORTREEKSE MET POWERPOINT
(handleiding ingesluit)
Ideaal vir kinderkerk of geleentheidsreekse bv. Kersfees en Pinkster.
R100OPLEIDINGSESSIE VIR AANBIEDERS OP POWERPOINT
Xtra woema vir aanbieders: ʼn Informele, kleurvolle en aangename motiveringsessie vir aanbieders vir groepe van gr R tot 6.
Bevat wenke wat werk en kreatiewe leermetodes vir dinamiese en sinvolle Bybelonderrig.
Graad 7 tot 12: Vier iKonekt reekse
R150 elkVier boeke (of e-boeke), elk met twintig gesprekstukke vir kleingroepe.
Met die aankoop van elke boek word die volgende elektronies aan die koper versend:
- 'n Informele PowerPoint-aanbieding met praktiese wenke vir tienerbediening
- Al die uitdeelstukke (om duplisering te vergemaklik).
Die boek (leiersgids) is verbruikersvriendelik en bied riglyne – padlangs en in eenvoudige taal – vir die hantering van die groepsgesprekke en maak die voorbereiding makliker.
Dis is ook geskik vir informele tienerkleingroepe – selfs in die afwesigheid van ʼn volwassene.